Leierskap 101 (Sagteband)
In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag?
In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg.
Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.
Gereed Vir Vandag (Sagteband)
Jou program is oorvol. Jy het skaars energie vir jou werk. Hoe kan jy nog elke dag vir Christus leef en sy teenwoordigheid in jou lewe ervaar?
Om in hierdie chaotiese tyd vas te hou aan jou geloof, verg die regte ingesteldheid en fokus. Die wêreld gaan jou beslis nie hiermee help nie – inteendeel.
In Gereed vir vandag wys Stephan Joubert jou in 365 dagstukke hoe ’n paar eenvoudige besluite jou denke kan teruglei na die eenvoudige Bybelse opdragte van vertroue, dankbaarheid, liefhê en respek. Deur hierdie en ander beginsels in jou dag-tot-dag-lewe toe te pas, word jou las ligter, die waarheid duideliker en ’n lewe van diens haalbaar.
Jy sal vryer kan asemhaal en elke dag aandurf met die krag en moed wat slegs van God af kom.
Draers van die Lig
Draers van die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith. Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.
’n Veilige vesting
Bekroonde outeur Stephan Joubert help lesers in ’n Veilige vesting om opnuut te besef hoe groot God se sorg en liefde vir sy kinders is. Te midde van ’n wêreld wat lyk of dit enige oomblik uitmekaar gaan val, staan een ding vas en seker: Ons dien ’n magtige en getroue God.
Die 366 oordenkings lei lesers om weg te kyk van hulle eie swaarkry en krisisse deur slegs op God te fokus en hul geloof prakties uit te leef. Daar ís hoop, daar ís ’n toekoms. Vind die troos en leiding wat slegs ’n liefdevolle hemelse Vader vir sy kinders kan gee.
Skrywers
Skrywersprofiele Malan Nel Professor, dosent en gewilde gasspreker Lees meer ’n Besonderse professor en gasspreker Prof. Malan Nel is op Calvinia gebore en het sy doktorsgraad in teologie in 1984 verwerf by die Universiteit Pretoria. Hy is tans ’n professor in Praktiese Teologie met meer as drie dekades van akademiese ervaring. Jeugbediening is sy besondere […]
A-Test Copy
skrywersprofiele Nico Smit ‘n Skrywer, leraar en berader Less Meer ’n Skrywer, leraar en berader binne en buite die gemeente. Dr. Nico Smit is ’n leraar by Dalpark-gemeente aan die Oos-Rand, waar hy verantwoordelik is vir die pastorale versorging van die gemeente. As geregistreerde berader doen hy ook spreekkamerwerk. Nico is getroud met Karen, ’n […]
In die teenwoordigheid van die Allerhoogste
’n Boek vir almal wat op soek is na die rus wat die Here gee. Hierdie jaarboek sal jou gids wees op die pad na ’n lewe van toewyding en gehoorsaam aan God. Dit sal jou dag vir dag en maand vir maand lei deur geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar nuwe geestelike vreugde sal ervaar.
Vat die regte pad – Jesus s’n
Hierdie boek verduidelik nie dissipelskap in drie maklike stappe nie. Jy gaan beslis nie tien beproefde resepte vir suksesvolle Christenwees hierin raakloop nie. Maar dit wil wel saam met jou reis na ’n paar onontdekte skatte in die Here se skatkamers. Dit wil die “las” van gewone gelowiges soos ek en jy se skouers aflig om (buiten)gewone lewens tot eer van die Heer te leef. Net dit.
’n Bietjie reën
Die titel van hierdie boek is ontleen aan die liedjie “Stuur groete aan Mannetjies Roux”, geskryf deur Christopher Torr en gesing deur Laurika Rauch, ’n lied wat in ons harte kom nesskop het. Want ons is boere. Ons ken die reuk van diesel met Afrika se son en die skoonheid van omgeploegde lande in die oggenddou.
Hierdie boek met sy dagstukkies is verpak onder verskillende geloofsgewoontes en word spesiaal opgedra aan ons boeregemeenskap.
Boere, en dit sluit hulle vroue en kinders in, is ’n uitsonderlike familie wat in unieke omstandighede leef. Hulle leef naby aan die natuur en voorsien in hulle daaglikse behoeftes deur wat hulle verbou. Dit sluit die soet en die suur in; soms is dit te warm en ander kere reën dit te veel; soms is die markpryse só dat jy eintlik moet inbetaal om jou produk verkoop te kry, en ander kere kan jy breed glimlag oor goeie pryse.
Een kenmerk van ons boere is dat hulle naby aan God en aan die natuur leef. Enige gesprek in ’n boerderygemeenskap draai kort voor lank oor geloof. Dit is geloof alleen wat boere oor die grondpaaie dra. Hulle glo in biddae vir reën, bid vir hulp aan medeboere wat in droogtes in ’n skuldlas verstrik raak en is gebedsmense wat saam droom oor goeie oeste.
Hierdie boek wil ’n bydrae lewer op die reis van hierdie uitsonderlike boerefamilie. Dit is egter ook só geskryf dat enigeen – al is hulle nie boere nie – wat graag tydens hulle eie reis wil verdiep en groei ook waarde daaruit sal put.